Vroue vat die sandpad
2005-07-21
OP 11 Oktober vertrek ‘n groep vrouens na Angola om deel te wees van die avonturier, Anette Grobler, se solostaptog oor 300km deur die Namib woestyn. Sy sal die eerste persoon wees wat so ‘n staptog aanpak sonder vervoer.
Die projek “Walk for Wheels” is begin deur plaaslike vrouens en die doel van die projek is om landmynslagoffers van Angola te help deur fondse in te samel vir rystoele en krukke.
Sewe 4x4 voertuie sal die onherbergsame roete aanpak oor 9 dae en elke vroulike bestuurder sal verantwoordelik wees vir die oplos van haar herwinnings- en meganiese probleme.
Na ses maande se onderhandeling met organisasies regoor SA, het twee plaaslike maatskappye, Bearma Staal en Midas, ‘n helpende hand uitgesteek.
Albie Beukes van Bearma Staal het die aluminiumslee ontwerp en gebou waarmee Grobler die staptog gaan aanpak en haar lewensmiddele sal vervoer.
Janus Coetzee van Midas Paarl sal die dames van groot hulp wees met raad asook ‘n skenking van noodsaaklike 4x4 benodigdhede.
* A group of women, one of them on foot, are to tackle the Namib desert on their way to Angola.
More
News
|