Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisievrou op en wakker

Polisievrou op en wakker
 
2005-07-21


DIEWE het geen skaamte nie, maar die oplettendheid van die swanger polisievrou wat van diens af was, het twee van hulle agter tralies laat beland.

Verlede Donderdagnamiddag het twee diewe hul rieme styfgeloop en nie eens ‘n wolhaarstorie kon hulle van arrestasie weerhou nie.

Konstabel Melanie Julius van Paarl-Oos polisiestasie was op pad huis toe en van diens af, toe sy na haar oom se huis op die hoek van Demper- en Rasckistraat gaan.

Hier het sy twee mans gesien wat besig was om ‘n stofsuier en rekenaarskerm op ‘n inkopietrollie te laai.

Polisievrou wat sy is, het sy onraad vermoed en die mans gekonfronteer. Een was agter by die klein weggesteekte skuurtjie besig, terwyl sy maat agter die omheiningsmuurtjie die goed op die trollie laai.

"Ek wou hoeka nog vir julle bel om te sê dat iemand besig is om in te breek hier agter," was die verweer van een van die diewe toe hy sy maat wou betrek in ‘n poging om los te kom.

Hierdie wolhaarstorie het konstabel Julius nie geglo nie en sy het bystand ingeroep vanaf haar selfoon.

Die tuinier wat daar werksaam was, het probeer keer deur te sê dat hy die waarheid praat, maar die booswigte is gearresteer met die gesteelde goed in hulle besit.

Die 37-jarige Ballie Jacobs en die 21-jarige Wilfred Estherhuizen van Beukes-kamp in Van der Stelstraat het verlede Vrydag in die hof verskyn op aanklag van diefstal.

* A Paarl policewoman spotted a burglary in process.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za