Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sentrum lewer reeds puik werk

Sentrum lewer reeds puik werk
 
2008-10-09

Sieb Sieberhagen

GROOT belangstelling en opgewondenheid het verlede week in Franschhoek geheers met die amptelike opening van die Nasionale Elektroniese Media Instituut van Suid-Afrika (Nemisa) se inligtings- en kommunikasiesentrum in Groendal.

Nadat Nemisa dié sentrum by die Belgiese Ontwikkelingstrust oorgeneem het, is daar reeds R1,2 miljoen spandeer om die sentrum operasioneel in te rig.

Verskeie parlementslede wat op die portefeuljekomitee oor inligting en kommunikasie dien, waaronder bekendes soos Dene Smuts van die Demokratiese Alliansie (DA) en Nomaindia Mfeketho, voormalige burgemeester van Kaapstad, was onder die gaste.

Dr Ivy Matsepe-Casaburri, minister van kommunikasie, sou die opening behartig het, maar kon as gevolg van parlementêre verpligtinge nie die geleentheid bywoon nie. Sy het toe die sentrum amptelik via ’n voorafopgeneemde videoboodskap geopen.

Sy het in haar boodskap gesê dat die gemeenskap van Franschhoek nou ’n hulpmiddel het waar inwoners hulle kan voorberei om beter in die hoofstroomekonomie in te pas.

“Die sentrum is geopen om die gemeenskap te help om hulself te help,” sê sy.

Dié sentrum het reeds in Julie met onderrig begin in rekenaarvaardigheid wat Corel Draw, digitale fotografie en ontwerp insluit. Twintig studente het reeds die kursus voltooi.

Onlangs het 25 leerders van die Progressive Women’s Movement ’n weekkursus in basiese rekenaarvaardigheid by die instelling voltooi.

By dié geleentheid is hulle beloon met bywoningsertifikate.

Rizelle Sampson, raadsvoorsitter van Nemisa, het by dié geleentheid gesê dat dit baie belangrik is dat sosiale opheffingswerk in ’n gemeenskap soos Franschhoek gedoen moet word.

“Opleiding en onderrig in sekere vaardighede dra by tot ’n effektiewe gemeenskap,” sê sy.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za