Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lemietprojek: die ou dae

Lemietprojek: die ou dae
 
2008-10-16

Christine Siebrits

DIE geskiedenis van historiese Bain­straat, eens die hoof­straat van Wellington, word herroep tydens ’n gesellige aand in die Breytenbach-­sen­trum op Donderdagaand 23 Oktober om 19:00.

Die storievertellers sluit in Warren Brink, Edith Stephenson en Spessie Malan onder leiding van Winnie Rust.

Dit is deel van die Lemietprojek in samewerking met die Vriende van die Wellington Museum en die Breytenbach-sentrum om die verlede en die hede van die Wellington gemeenskap te versamel en te vier.

Die deurlopende projekte en uitstallings het ook ten doel om inwoners of ander skrywers te betrek om geskiedkundige en aktuele onderwerpe tot krea- tiewe leesstof en visuele objekte te omskep en ten toon te stel. Tans is die groep besig met Bain­straat as fokuspunt. Hierdie straat huisves die Bain Huis, die ou klavierfabriek en eerste skool.

Vir navrae, kontak Alisa Farr (084-518-0404 of alisafarr@gmail.com) of Winnie Rust (082-708-1976 of herust@mweb.co. za).




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za