Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugbyklubdinee vier 125 jaar

Rugbyklubdinee vier 125 jaar
 
2008-10-16


AS deel van die Paarl Rugbyklub se 125-jarige bestaansjaarfeesvieringe, word ’n spogdinee op 23 Oktober in die geselskap van seëvierende Springbokbreier Jake White gehou.

Die Paarl Rugbyklub is die derde oudste gekonstitueerde klub in die land en het sedert sy bestaan 13 Springbokke en 72 WP rugbyspelers opgelewer.

Dit is hier waar legendes soos Boy Louw, Neels Krige, Chum Ochse en Theuns Briers met hul rugbyloopbane begin het.

Die dinee, wat beloof om ’n hoogtepunt op die Paarl se sosiale kalender te wees, vind plaas in die vertoonlokaal van Paarlberg BMW, met John Gainsford as seremoniemeester.

Kaartjies is beskikbaar teen R5000 vir ’n tafel van tien persone. Die ete en wyne is by die prys ingesluit.

Die bestuur van die Paarl Rugbyklub nooi graag die sakegemeenskap van die Paarl uit om deel te wees van hierdie spesiale geleentheid.

Vir verdere navrae en besprekings, skakel Kosie Nelson by 021-872-3317.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za