Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pou glo doodgeslaan

Pou glo doodgeslaan
 
2008-10-23


’n ALLEENLOPER pou wat dikwels verantwoordelik was vir ’n skouspel in die omgewing van die Grande Roche Hotel in die Paarl, is onlangs vermoedelik met ’n kierie doodgeslaan.

Talle inwoners van die gebied was verlede week woedend toe die nuus versprei het dat ’n afgetrede inwoner van die gebied na bewering die mannetjies-pou doodgeslaan het.

Die afgelope jaar het hierdie pou inwoners vermaak met sy skouspelagtige gepronk tussen die trop tarentale waarmee hy saamgeloop het.

Maar volgens inwoners het die pou skielik spoorloos verdwyn.

Daar word geglo dat ’n inwoner wat gekla het oor die geraas wat die pou maak, die voël in sy tuin ingewag het met ’n kierie.

Toe hy binne trefafstand kom, was die mak pou se doppie geklink.

En nou wag sy bure net om te sien of die oortrede met ’n pouveer in sy hoed gaan rondloop.

“As die pou vir hom so erg gepla het, kon hy net natuurbewaring geskakel het, en hulle kon die pou gevang en na ’n plaas vervoer het.

“Om hom koelbloedig dood te gemaak het oor ’n bietjie mis en raas is onaanvaarbaar,”meen een buurman.

* A peacock was allegedly beaten to death by a pensioner.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za