Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sakeman van die Jaar aangewys

Sakeman van die Jaar aangewys
 
2008-10-23

Johan Nel

’n BEKENDE Wellingtonse sakeman, Devi Lategan, is verlede week deur die Wellington Sakekamer aangewys as die dorp se sakepersoon van die jaar.

Lategan het in 1963 die onderneming Lategans Sementwerke oorgeneem by sy vader, Piet, wat dit in 1954 as ’n stokperdjie begin het. Hy het dit oor ’n tydperk van veertig jaar tot ’n leier in die Wes-Kaap ontwikkel.

Die onderneming, wat aanvanklik sementprodukte met die hand in gietvorms gemaak het, voer in 1965 sy eerste kraggedrewe blokmasjien en menger in Engeland uit.

In 1987 neem Lategan se onderneming ’n belangrike volgende stap vorentoe - toe ’n Duitse blokmasjien geïnstalleer word waarmee produkte van wêreldstandaard vervaardig word.

Dit sorg dat die onderneming in 1989 die SABS-merk vir kwaliteit op hulle boublokke en stene verwerf.

Twintig jaar later, is Lategans Sementwerke nog steeds een van slegs drie vervaardigers in die Wes-Kaap wat dié kwaliteitmerk dra.

Sedert die sewentigerjare van die vorige eeu is Lategans Sementwerke ’n belangrike werkverskaffer op Wellington. Daar is tans 110 werkers in diens van die maatskappy.

Devi Lategan se twee seuns, De Villiers en Casper, het hulle onderskeidelik in 1988 en 1994 by die besigheid aangesluit.

In 2003 het Devi Lategan die tuig neergelê as bestuurshoof van sy maatskappy terwyl hy steeds as nie-uitvoerende direkteur van die maatskappy betrokke is.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za