Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kersfonds kry steun

Kersfonds kry steun
 
2008-11-06


DIE Paarl Post Kersfonds, wat fondse vir sowat 30 verdienstelike plaaslike organisasies insamel namens die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, het vandeesweek nog skenkings van plaaslike skole ontvang.

Die leerlinge van Laerskool WA Joubert het R1071,30 ingesamel, en die leerlinge van Hugenote Hoërskool het hulle kant sterk gebring met R4425. Dan het Nampak Corrugated ook R2000 gestuur.

Saam met die bydraes van Paarl-Oos Krieketklub en Laerskool Courtrai bring dit die insameling tot dusver vanjaar op R8703,30 te staan.

Die Gemeenskapskas maak reeds aansienlik bydraes tot welsynsorganisasies in die Paarl Post se lesersgebied (sowat R780 000 die afgelope jaar) en lesers word uitgenooi om dié poging vanjaar weer ’n hupstoot te gee met bydraes tot die 2008 Paarl Post Kersfonds.

Alle plaaslike bydraes word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei - geen bydraes van ons lesers sal aan begunstigdes buite die Paarl Post se lesersgebied uitbetaal word nie.

Die Gemeenskapskas se begunstigdes in die Paarlstreek, is ACVV Paarl, Paarlvallei, Wellington en Franschhoek, San- ca Paarl, Rusoord Tehuis vir Bejaardes, ACVV Paarl, ACVV Paarl-Vallei, Oase Dienssentrum vir Bejaardes, Badisa Paarl en Wellington, Kindersorg Paarl en Wellington, Drakenstein Sentrum vir liggaamlik gestremdes, Care Craft werkswinkel vir epilepsielyers in Wellington, Abbeyfield tehuis Wellington, Andrew Murray Kinderhuis.

Kleuterskole en kindersorgsentrums wat steun kry, is Wielie Walie, Sinethemba, Mamzana, Lingelihle, Nompumelelo, Kairos (Simondium), Rise & Shine, Little Stars en Siyakhula.

Ander diensorganisasies wat ook steun kry by Gemeenskapskas is Sanra, Cansa, Rapcan (steun jeugdige slagoffers van verkragting tydens hofsake), Famsa, Outisme Wes-Kaap, TB Care, Santa, Hospice, Dementia SA en Diabetes SA.

Stuur skenkings aan Paarl Post Kersfonds, Posbus 248, Paarl, 7620. Alle skenkings word in die Paarl Post erken.

Skenkings kan ook direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 62152029007 by FNB (taknommer 261150) en faks die strokie na 021-872-9280 (Kersfonds).

* Aansoeke van welsynsorganisasies om volgende jaar by die Gemeenskapskas gelys te word, sluit 31 Oktober. Skakel Heindrich Zana by 021­424-3344.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za