Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Parlementariërs pak mekaar

Parlementariërs pak mekaar
 
2008-11-13

Johan Nel

’n RUGBYSPAN wat uit ’n paar besoekende Fran­se parlementariërs bestaan, het verlede Woensdag op Bolandpark op Wellington ’n rugbyspan van plaaaslike parle­men­tariërs met 10-5 kafgedraf.

Volgens Hannes Combrink, ANC­ par­lementslid en sekretaris van die Suid-Afrikaanse parlementariërs se rugby­ span, was die Franse parlementariërs op ’n kort welwillendheidsbesoek in die land.

Die gedagte om internasionaal sulke parlementariërspanne teen mekaar te laat speel, het volgens Combrink in 1994 in Suid-Afrika ontstaan.

Sedertdien tree spanne van Engeland, Frankryk, Australië, Nieu-Seeland, Argentinië en Suid-Afrika gereeld teen mekaar op.

Die parlementariërs se spanne tree gewoonlik op wanneer die lande se nasionale spanne in groot wedstryde teen mekaar te staan kom.

Die laaste groot wedstryde tussen die verskillende lande se parlementariërspanne het vroeër vanjaar in Parys, Frankryk, plaasgevind.

Die Nieu-Seelandse parlementslede se span is op die oomblik eerste in die wêreld en Suid-Afrika se span beklee die tweede posisie.

Die Franse span wat verlede week op Wellington teen Suid-Afrika opgetree het, beklee die vyfde plek.

Die spanne word saamgestel uit parlementslede en parlementêre amptenare.

Suid-Afrika se span sluit vyf parlementslede in – vier van die ANC en een van die Vryheidsfront Plus.

Omdat al die spanlede hardebaardmanne is, word elke wedstryd van 80 minute in vier segmente van twintig minute met vier rustye tussenin verdeel.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za