Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Student vereer

Student vereer
 
2008-11-13


’n PAARLSE student wat op 20 Junie in ’n motorongeluk gesterf het, is op 4 November tydens ’n gedenkdiens by die Universiteit van Stellenbosch se Departement Sielkunde vereer.

Tydens die gedenkdiens is Werner van Tonder, wat besig was met ’n honneursgraad in Sielkunde, vereer vir sy uitmuntende bydrae tot navorsing en die respek wat hy afgedwing het by almal wat hom geken het.

Die Departement beoog om die navorsing wat kort voor sy dood ingehandig is, af te rond en namens Werner te publiseer.

Die Departement het ook die Werner van Tonder Eretoekenning ingestel wat jaarliks aan die verdienstelikste honneursstudent in Sielkunde toegeken sal word vir die beste navorsingsprojek in die Honneurs-pro- gram.

Op hierdie manier verseker die Departement dat Werner onthou word en dat sy bydrae tot die Sielkunde-professie gehuldig word.

Werner, wat hoofseun was van Noord­­­­­- Eind Laerskool en in 2003 aan Gimnasium gematrikuleer het, word oorleef deur sy ouers, Wessel en Wilna, broer Francois, en vriendin Rudelle.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za