Jong vrou sterf skielik
2005-07-28
DIE seer lê diep by ’n jong Paarliet nadat hy Maandag op sy sterwende vrou by hul woning afgekom het.
Hilda Perold (24), skoondogter van Boland Bikes eienaar Robbie Perold, het aan vergassing gesterf.
Haar man Glen, het haar kort na 11:00 Maandagoggend in hul wit bakkie op hul erf te Binnekantstraat 7, Vrykyk, ontdek.
Noodredders is ontbied en Hilda is per ambulans na die Paarl Medi-Clinic gehaas, waar sy dood verklaar is.
Die egpaar is in Oktober 2003 getroud. Hilda het as boekhouer en rekenaarkundige by Boland Bikes gewerk.
Geskokte kollegas sal haar onthou as die “stil mens, altyd bereid om te luister en te help waar sy kan”.
Sy laat benewens haar man ook haar ouers, Ben en Ina Hoogenhout van die plaas Optenhorst, Wellington, en haar drie susters.
Die gedenkdiens vir die oud-Hugenoter is vandag om 10:00 in St George’s Presbyterian Church, Wellington.
More
News
|