Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kersfonds kry hupstoot

Kersfonds kry hupstoot
 
2008-11-20


DIE Paarl Post Kersfonds, wat fondse vir sowat 30 verdienstelike plaaslike organisasies insamel namens die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, het vandeesweek nog skenkings van plaaslike skole en besighede ontvang.

Hierdie week het Paarl Web R5000 geskenk, en Hoër Meisieskool Paarl het R1435 bygedra. Dit bring die skenkings tot dusver vanjaar te staan op R20 138. Daar is nog net vier weke om by te dra tot vanjaar se insameling.

Die Gemeenskapskas maak reeds aansienlike bydraes tot welsynsorganisasies in die Paarl Post se lesersgebieden lesers word uitgenooi om dié poging vanjaar weer ’n hupstoot te gee met bydraes tot die Kersfonds.

Die Gemeenskapskas se begunstigdes in die Paarlstreek is die ACVV, Badisa, Kindersorg Paarl en Wellington, Drakenstein Sentrum vir liggaamlik gestremdes, Care Craft werkswinkel vir epilepsielyers in Wellington, Abbeyfield tehuis Wellington, Andrew Murray Kinderhuis asook verskeie kindersorgsentrums, Diabetes SA, Sanra, Cansa, Rapcan Famsa, Outisme Wes-Kaap, TB Care, Santa, Hospice, en Dementia SA. Skenkings kan inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfonds se FNB rekening 62152029007 by FNB (tak 261150).


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za