Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jaagduiwel wil vuurwarm stokperdjie meer amptelik maak

Jaagduiwel wil vuurwarm stokperdjie meer amptelik maak
 
2008-11-20

Sieb Sieberhagen

WANNEER rubber die teer tref, beteken dit net spoed, jou teenstander en die sekondewyser wat aftik. En oor 400 meter gebeur alles baie vinnig. Eintlik blitsig. In net so ’n bietjie meer as 13 sekondes.

Aan die woord is Jacques Peens, ’n groot entoesias van versnelwedrenne en voorstander van die amptelike weergawe van dié gewilde sportsoort.

Alhoewel hy nie meer so baie agter die stuur nie, is hy baie duidelik baie opgewonde oor ’n stokperdjie wat nou werk geword het.

Alhoewel daar in die Paarl honderde jaers is, is daar maar net ’n handjievol versnelwedren geesdriftiges wat by Killarney byeenkom om dié gewilde stokperdjie amptelik te beoefen. Nie-amptelik beoefen baie dit oor naweke op openbare paaie wat ’n risiko vir jaers en toeskouers inhou.

GTA-mods.co.za en Streetracing.co.za is organisasies wat poog om die jaagduiwels van die strate af te kry en om die wedrenne meer georganiseerd te laat plaasvind.

“Alles vind binne gekontroleerde omstandighede plaas en die oganiseerders hou amptelike en nie-amptelike byeenkomste.

Alles om die ouens van die paaie af te hou.

Verskeie motorklubs in die Kaap is betrokke. Die onwettige jaery is ’n groot probleem en daarom skep die organiseerders amptelike geleenthede waar die jaers hulle staal kan wys.

Daar is ook nie-amptelike byeenkomste, waar toegangsgeld net R20 is, maar dan ook is die omstandighede gekontroleerd.

Die beamptes kyk dat alles van die motors in orde is voordat die jaers mekaar die stryd aansê, sê hy.

Peens, ’n lid van die Abarth Uno Turboklub van Suid-Afrika, sê dit kos sommer hope geld om jou motor op standaard te kry.

Om R30 000 tot R40 000 te spandeer vir ombouings is nie baie nie.

En dan is daar natuurlik die “beserings” wanneer jy jou motor te hard ry.

“Dit jaag jou gewoonlik ’n klomp geld uit die sak,” vertel hy.

Alhoewel daar maar net sewe Abarth Uno jaers in Paarl is, is daar 1800 landswyd. En by die byeenkomste by Killarney sal jy maklik meer as vyftig Uno-jaers raakloop.

“Jaers van so jonk as 16 jaar is agter die stuur. Aangesien dit op Killarney plaasvind en amptelik georganiseerd is, word dit toegelaat. Selfs my vrou het al agter die stuur ingeskuif.”

En in die stil tye?

“Dan help ek uit as para-medikus by Rescue 24, die beroep waarvoor ek amptelik opgelei is, en tussendeur doen ek ombouings, diens motors en installeer enjinbeheerstelsels,” vertel Peens.

Belangstellendes wat amptelik aan dié wedrenne wil deelneem kan vir Peens skakel by 082-418-7806.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za