Wellington neem afskeid van bekende
2008-11-20
’n WELLINGTONSE sakeman, Riël Ferreira (46), is verlede week begrawe nadat hy op 5 November in die Paarl MediClinic onverwags oorlede is aan ’n aneurisme. Riël laat sy vrou, Lizette, en vier jong kinders, Elandré, Mareli, Lize en Jacquez agter. Almal het hom geken as ’n unieke persoonlikheid, storieverteller duisend en iemand met ’n onvergelyklike humorsin. Hy was in Wellington op skool vanaf en het studeer aan die destydse Wellingtonse Onderwyskollege. Riël was ook ’n uitstaande sportman. Hy het Cravenweek, Boland en SWD rugby gespeel en was lief vir gholf en hengel. Hy was vroeër betrokke by Korrektiewe Dienste voordat hy aangesluit het by Sanlam. Hy het hom in 1998 op Wellington gevestig as gedugte sakeman.
More
News
|