Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skeie klap by nuwe bane

Skeie klap by nuwe bane
 
2008-11-20

Johan Nel

DIE Fleur de Lis-jukskeiklub van Wellington se nuwe jukskeibane, langs die Spruitrivier (onderkant Palmlaan), is onlangs geopen.

Volgens raadslid Johan von Wielligh, wat die bane amptelik geopen het, het die klub se volgehoue groei die afgelope tyd nuwe en meer jukskeibane baie noodsaaklik gemaak.

Die klub se vorige bane, bekend as die Tys van Niekerk- bane, was geleë op grond wat die klub van die NG Moedergemeente op Wellington gehuur het.

Daar was nie veel ruimte vir uitbreiding nie en die kerk het die grond ook nou vir eie gebruik begin nodig kry.

Die Munisipaliteit het daarom die grond waarop die nuwe bane nou uitgelê is, aan die klub beskikbaar gestel en ook gehelp om die terrein skoon en gelyk te maak.

Altesaam 20 nuwe jukskeibane was Saterdag tydens die opening gereed vir gebruik. ’n Verdere twaalf bane sal in die toekoms bygevoeg word.

Spanne van oor die hele Boland het Saterdag aan die openingswedstryde op Fleur de Lis se nuwe bane deelgeneem.

Volgens kenners het jukskei vroeg in die begin van die 19de eeu in die Boland en veral in die omgewing van Wellington en Paarl ontstaan.

Boere wat hul produkte met ossewaens na die Kaapse mark vervoer het, het saans na uitspantyd by plekke soos Hardekraaltjie en Koeberg op sanderige grond jukskei begin speel deur die skeie na die langer kopskei te gooi.

Die spel het mettertyd al gewilder geword en die eerste berig oor ’n jukskeiwedstryd het in 1939 in die Paarl Post verskyn toe spanne van die KWV en Klein Drakenstein mekaar die stryd aangesê het.

Hierdie wedstryd word in die jukskei-annale as die begin van georganiseerde jukskei in Suid­Afrika beskou.

Volgens die Departement van Sport en Ontspanning word daar tans 116 sportsoorte in Suid- Afri­ka beoefen. Jukskei beklee die 23ste plek.

Jukskei is ook, wat spier- en oogkoördinasie betref, die derde moeilikste sportsoort wat Suid­Afrikaners kan beoefen. Dit word net deur paalspring en gholf geklop.

Frik Engels, voorsitter van Fleur de Lis, sê die nuwe bane gaan die klub nou nog sterker laat groei. Die klub beskik ook oor ’n groot groep talentvolle jong lede.

Dit word onderstreep deur die feit dat 14 van Fleur de Lis se junior lede opgeneem is in die span wat Boland-streek aanstaande maand na die groot juniortoernooi op Kroonstad neem.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za