Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington Klopse weer verenig

Wellington Klopse weer verenig
 
2008-11-20

Johan Nel

’n SPLINTERNUWE, verenigde Bolandse klopse-organisasie, die Wellington Minstrels Vereniging, het pas tot stand gekom.

Die nuwe groep bestaan uit lede van die Drakenstein klopse en die Wellington klopse, twee groepe wat ontstaan het toe die bekende Wellington Klopse-unie in 2005 in twee geskeur het.

Volgens Danny van Rooyen, ondervoorsitter van die tussentydse bestuurspan van die Wellington Minstels, het die nuwe groep tot stand gekom nadat gemeenskapsleiers van die Drakensteingebied, soos Herman Bailie (voormalige burgemeester van Drakenstein) en Jackie Abrahams (president van die Boland Rugby-unie) daarin geslaag het om die twee klopse-groepe te verenig.

Van Rooyen sê die skeuring van 2005 in die geledere van die klopse het ’n uiters negatiewe uitwerking op die klopse-beweging in die Drakenstein-gebied gehad.

Volgens hom het die Wellington Klopse-unie 100 jaar gelede, in 1909, tot stand gekom. Dit het deur die jare onlosmaaklik deel geword van die gemeenskapslewe in Wellington en die Paarl.

“Die klopse-beweging speel ’n groot rol in die ontwikkeling van ons jeug se sang- en musiektalente en dit is ’n kragtige wapen in die stryd teen misdaad en dwelms.

“Soos in die verlede sal ons vir die groot taak afhanklik wees van die steun van borge. In die verlede is ons ondersteun deur borge soos die departemente van sport en kultuur, die ATKV en die Drakenstein Munisipaliteit.”

Die nuwe, tussentydse bestuurspan wat bestaan uit lede van die 14 klopse-groepe sal bekend staan as die Wellington Minstrels.

Hulle is reeds hard besig met voorbereiding om op 1 Januarie op Boland-stadion saam te trek vir die jaarlikse klopse-fees.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za