Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raak so betrokke by die GPF

Raak so betrokke by die GPF
 
2008-11-20

Lise Beyers

DIE algemene jaarvergadering van die Paarl-Wes Gemeenskapspolisieforum (GPF) is verlede week gehou, maar met ’n swak bywoning van inwoners van hierdie gebied.

Uit ’n gemeenskap van bykans 30 000 mense, het skaars 20 mense die vergadering bygewoon.

GPF’s is op die been gebring om die gemeenskap aan te moedig om betrokke te raak by besluite wat geneem word om misdaad en sosiale probleme in hul areas aan te spreek.

Plaaslike sakelui, godsdiensleiers, akademici en alle ander organisasies wat die gemeenskap se belange op hul hart dra, vorm ’n vennootskap met die polisie om misdaad by die horings te pak.

’n Polisiewoordvoerder het gesê dat dit noodsaaklik is vir die gemeenskap om hierby betrokke te raak.

“Dit is lankal nie meer ’n geheim dat dit nie net die polisie is wat misdaad kan bekamp nie, maar dat die hele gemeenskap moet betrokke raak.

“Sodoende is die hele gemeenskap dan ook die oë en ore van die polisie.”

Tydens GPF vergaderings word idees vorendag gebring om misdaad te bekamp, asook veiligheidsplanne om hiermee te help.

Sosiale dilemmas soos dwelmmisbruik en tienerswangerskap word ook aangespreek.

Tydens verlede week se vergadering het dit aan die lig gekom dat daar talle knellende situasies is vir Paarliete.

Onderandere is bekkomernisse oor straatrenne, roekelose bestuur en bestuur onder die invloed van drank, sjebeens, straatkinders wat betrokke raak by kriminele aktiwiteite en die knellende vraagstuk oor smouse wat die strate van die middedorp oorneem, uitgespreek. Kennis is hieroor geneem, en saam sal alle rolspelers kop by mekaar sit om ’n oplossing vir sulke probleme te vind.

Maar daadwerklike oplossings hiervoor sal slegs suksesvol wees as ’n groter gedeelte van die gemeenskap betrokke raak by hul GPF.

* Getting involved with the local community policing forum can make a difference in the fight against crime.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za