Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fliekvlooie het hier gedy

Fliekvlooie het hier gedy
 
2008-11-27

Christine Siebrits

HET Wellington nog ’n bioskoop? vra iemand nou die dag.

Nee, antwoord die ou Wellingtonner, maar ek sal jou wel wys waar dit was.

Helaas, die koperplaat ter herinnering van die Bond Zaal wat altyd teen die muur in Kerkstraat was, het net soos talle ander brons- en koperplate, nommers en krane die pad na die metaal-skroothandelaar gevind. Vandag is die gebou ’n fiksheidsentrum.

Hier is die verhaal van hoe Wellington sy eerste bioskoop bekom het.

In ’n brief skryf Bettie Louw,’n oud-Wellingtonner, in 1972: “Daar was destyds ’n vereniging wat as ‘Die Bond’ bekend was - hulle het ’n pragtige saal in Kerkstraat gebou bekend as die Bond Zaal. Na die ontbinding van die Bond is die gebou op vendusie geplaas.”

Bettie Louw se vader, “Klein” Dawie Malan was een wat alle geboue wat in die mark was besigtig het en so ver moontlik gekoop het.

“If the property sale got stuck below its real value - he bought even if he had no idea what he was going to do with it. His philosophy was - the value was there and it could keep.”

So is die Bond Zaal toe ook gekoop.

Bettie se broer Kowie Malan en twee Rossouw broers, Gawie en Gussie, het saamgewerk en die eerste bioskoop is gebore.

Hulle het beurte geneem om die vertonings te behartig en Wellington het van die vroeë Charlie Chaplin prente geniet.

Die legendariese Pikkewyn wat aan een en almal bekend was, was die gereelde adverteerder van die vertonings.

Op Saterdae, geklee in spesiale klere, ’n cheese cutter met ’n strikkie op sy kop en die advertensiebord om sy nek, is hy straat af met sy klok om die volgende rolprent te adverteer.

Op weeksdae het Pikkewyn met sy verflenterde broek, roet-bedek en met sy lang besem in die hand geloop om die “chimneys” te “sweep”.

Hy was ’n beminde figuur en jy kon hom van ver af reeds hoor sing soos hy straat af loop.

Mettertyd het tegnologie ons ook ingehaal en minder mense het gebruik gemaak van die bioskoop en so om en by 1970 het Wellington se bioskoop sy deure gesluit.

Die pragtige Bond Zaal het sy fasade verloor en sy koperplaat is weg, maar die ou Wellingtonners dink nog met heimwee aan hierdie kuierplek wat eens ’n die dorp se middelpunt was.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za