Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisielede help Kersfonds

Polisielede help Kersfonds
 
2008-12-04


DIE Paarl Post Kersfonds, wat fondse vir sowat 30 verdienstelike plaaslike organisasies insamel namens die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, het vandeesweek nog skenkings van individue, besighede en ook die Polisie ontvang.

Hierdie week het die polisielede op Klapmuts R290 geskenk, en die KWV het ook R3000 bygedra. Dit bring die skenkings tot dusver vanjaar te staan op R24 367,60. Daar is nog net tien dae oor om by te dra tot vanjaar se insameling, wat op 15 Desember sluit.

Die Gemeenskapskas se begunstigdes in die Paarl-streek is die ACVV, Badisa, Kindersorg (Paarl en Wellington), Drakenstein Sentrum vir liggaamlik gestremdes, Care Craft werkswinkel vir epilepsielyers in Wellington, Abbeyfield tehuise, Rusoord-tehuis vir bejaardes, Andrew Murray Kinderhuis asook verskeie kindersorgsentrums, Diabetes SA, Sanra, Cansa, Rapcan, Fam­sa, Outisme Wes-Kaap, TB Care, Santa, Hospice, en Dementia SA.

Skenkings kan inbetaal word in die Gemeenskapskas se Kersfondsrekening by FNB rekening 62152029007 (taknommer 261150). Faks die strokie aan Kersfonds, 021-872-9280.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za