Skoolhoof se vrou oorlede
2009-01-08
’n PAARLIET, Nerine de Jongh (44), is op 2 Januarie in die Panorama-hospitaal oorlede aan kanker. De Jongh het ’n groot liefde vir kinders en onderwys gehad en was ’n opvoeder verbonde aan Kylemore Sekondêr tot en met haar uittrede. Volgens haar eggenoot Terence De Jongh, prinsipaal by Hoërskool Waveren op Tulbagh, gaan hy haar spontane opgewekte, saggeaarde en positiewe geaardheid beslis mis. Sy laat haar man, kinders Cade en Dillon, ouers en twee broers, Sephton en Brian, agter. Die huisdiens is Saterdag om 09:00 te Steytlerstraat 18, Denneburg, Paarl. Die kerkdiens is om 10:00 by die Huguenot VGK. Vir enige navrae kan die familie gekontak word by 082-823-8621.
More
News
|