Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kamera kom terug

Kamera kom terug
 
2009-01-15

Sieb Sieberhagen

’n FOTO vertel altyd ’n storie, maar Janine Arendse, van Mountain View, Paarl, se Kodak digitale mik-en-druk se storie loop halfpad om die wêreld.

Dit was Koebaai Meraai toe sy haar kameratjie verlede September in China Town in Sydney verlê het, altoos só het sy gedink.

Sy het in Augustus vir haar suster Cynthia Holbeck gaan kuier om dié se dogter se troue in Sydney by te woon. Daar was nogal van die trouery se foto’s op die kamera, vertel sy.

Groot was haar verbasing toe haar suster in Desember vir haar skakel en vertel dat die kamera opgespoor is.

’n Anonieme Samaritaan het dit na die kerk gestuur waar die troue gehou is.

’n Foto van Janine se suster wat met ’n program in haar hand staan en waarop die naam van die kerk sigbaar is, het die raaisel opgelos.

Dié Samaritaan het twee en twee bymekaar gesit en die kamera by die kerk afgelewer. Haar suster is herken en toe was die kamera so te sê op pad terug Paarl toe.

“Ek is nogal verheug dat dit terug is,” vertel Jeanine.

“Die kamera het ek in 2006 aangeskaf toe ons Etosha in Namibië besoek het. Sedertdien het ek dit gereeld ingepak met vakansies en besoeke aan verskeie plekke.

“Ek was nogal spyt toe ek dit verloor het. Die dag toe ek dit verloor het, het ek toevallig foto’s van die bekende Sydney Operahuis geneem.

“Ek is net dankbaar dat iemand die ordentlikheid gehad het om dit aan my terug te besorg,” sê sy.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za