Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekende Wellingtonner sterf

Bekende Wellingtonner sterf
 
2009-01-22

Liezl Dyson

DIE wêreldbekende liggaamsbouer, Hendrik (Henry) Jones (79), het Maandagoggend na ’n kort siekbed gesterf.

Jones, wat in 1964 die titel van Mnr Heelal verower het, het in die Paarl Medi-Clinic aan nierversaking beswyk.

Hy was ’n inwoner van Abbeyfield tehuis vir afgetredenes op Wellington en sou op 3 November sy 80ste verjaarsdag gevier het.

Jones het as messelaar gewerk en het ook op nasionale vlak liggaamsbou-kompetisies gewen, maar hy het eers sy Springbokbaadjie ’n paar jaar gelede ontvang. Hy is in 1962 in Engeland en in 1963 in Frankryk as die wêreld se beste liggaamsbouer gekroon.

Jones het in 1959 aan kompetisies begin deelneem, maar in die apartheidsjare kon hy nie aan amptelike kompetisies deelneem nie.

Toe Jones vir die eerste keer die Mnr Suid-Afrika titel vir bruinmense wen, kon hy nie die land amptelik in die wêreldkompetisie verteenwoordig nie, maar in 1963 is hy as naaswenner van die Mnr Heelal-kompetisie aangewys en in 1964 het hy gewen.

Hy was die pa van sewe kinders van wie vyf nog lewe, asook 14 kleinkinders. Sy vrou het hom 22 jaar gelede ontval.

Familie sal hom onthou vir sy strengheid, selfdissipline, deursettingsvermoë en respek vir sy medemens.

Volgens sy kinders sal die daaglikse huisgodsdiens wat hulle gehou het, altyd by hulle bly. Hy het sy kinders selfstandigheid geleer en om altyd Godvresend te lewe.

Die begrafnis word Saterdag om 09:00 by die Independent Saal naby die Wellington verkeersdepartement gehou en die kerkdiens volg om 10:00 by die VGK Wellington in Melling-straat. ’n Private verassing sal daarna gehou word.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za