Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vasgetrek

Vasgetrek
 
2009-01-29


’n PAARLSE vrou het onlangs haar voetsole flenters gebrand nadat sy ’n dief wat haar hondjie probeer steel het, kaalvoet op die warm teerpad agternagesit het.

Die vrou sê die verdagte het haar jong Staffordshire terrier oor die hek getel en weggehardloop.

Die vermeende dief is wel vinnig deur die polisie aangekeer en die hondjie veilig terug aan sy eienaar besorg. Maar die vrou het haar voete so erg beseer van agter hom aanhardloop, dat sy nou met krukke moet loop totdat dit herstel het.

“Die polisie het vir my gesê dat die verdagte ’n string veroordelings agter sy naam het.

“Wat my so kwaad maak, is dat so iemand weer op straat toegelaat word,” het sy woedend gesê. Alvezo Arendse (22) is in hegtenis geneem.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za