Beste student vereer
2009-02-05
Rosette Mkize (naasregs) is by die amptelike openingsgeleentheid van die Hugenote Kollege aangewys as die beste student aan die Kollege verlede jaar. Sy het in die tweede jaar van die kursus in Maatskaplike Werk ’n gemiddelde persentasie van 88,72% behaal en is met die Rektorsmedalje vir dié besondere prestasie vereer. By haar is (van links) Thys Giliomee (Uitvoerende Direkteur Finansies en Bedryf), prof Johan Viljoen (Rektor) en ds Willie van der Merwe (Voorsitter van die Kollegeraad).
More
News
|