Ma en dogter baanbrekers
2009-02-05
’n DERDEJAARSTUDENT in Maatskaplike Werk aan die Hugenote Kollege in Wellington, Paula Steyn, is met ’n gemiddelde persentasie van 81,3% een van die top tien studente van dié kollege. Paula is deel van die eerste groep studente wat ingeskryf is vir die nuwe BSW-graad (Bachelor of Social Work). Sy het by die amptelike openingseremonie van die kollege erkenning ontvang vir haar besondere prestasie. Paula se ma, Annamaré Grobler (neé Visagie), was by die geleentheid teenwoordig. Sy is self ’n oudstudent van die kollege wat deel was van die eerste groep studente wat in 1977 die B.Diac-graad (Rigting Maatskaplike Werk) verwerf het. Ná sy haar studies voltooi het, het sy haar loopbaan by die Christelike Maatskaplike Raad in Pretoria begin. Grobler is deesdae die eenheidsbestuurder van Kinderwelsyn in Athlone.
More
News
|