Oud-Gimmie stap kaalvoet
2009-02-12
OP 15 Januarie het Jaco Swart, ’n oud-leerder van Paarl Gimnasium, vanaf die Kasteel in Kaapstad begin stap in ’n poging om kaalvoet om Suid-Afrika te stap en sodoende vir mense te vertel watter rol sy geloof in sy lewe speel. Gedurende ’n traumatiese ondervinding by Stormsrivier waar 14 mense tydens ’n spanbouprojek in ’n fratsongeluk deur vloedwater meegesleur is en verdrink het, is hy op ’n wonderbaarlike wyse gered. Met ’n vergruisde knie het hy vir 27 uur aan ’n boomstomp geklou voordat hy gered is. Na verskeie operasies waarin sy knie weer opgebou is, kon hy nou sy droom waar maak en kaalvoet om Suid-Afrika stap terwyl hy getuig watter rol sy geloof in sy redding en herstel gespeel het. Mense wat daarin belang stel om te sien hoe hy vorder, kan op www.kaalvoetsolo.co.za gaan kliek en die interessante verhaal volg. Die webtuiste word gereeld deur Jaco self opdateer. Hy bevind hom tans tussen Bredasdorp en Stilbaai.
More
News
|