Beseer
2009-02-19
DIE polisie op Wellington is op soek na enige inligting wat vir hulle kan help om die identiteit vas te stel van ’n persoon wat met sy bakkie ’n kind omgery het. Die voorval het verlede Saterdagaand tussen 17:00 en 18:00 op die Lady Loch-pad plaasgevind naby die brug. Nadat Cornelia Williams (12) getref is, het die voertuig die toneel verlaat sonder om stil te hou. Cornelia is met ligte beserings na die Paarl Hospitaal geneem. Enigiemand met inligting kan vir konst Gabriel Mostert skakel by 021-864-9600.
More
News
|