Polisie oefen blaf-blaf vir beker
2009-02-19
Lise Beyers
DIE Paarlse polisiehonde-eenheid is hard aan die werk in voorbereiding vir die Węreldbeker-sokkertoernooi wat volgende jaar op ons drumpel afskop. Hulle is nou 23 man (en hond), sterk, nadat ses kandidate hul hanteringskursusse voltooi het. Saam met die nuwelinge het ses perdfris honde in die Paarl aangekom: vyf Belgiese Herdershonde (beter bekend as Malinois), en een Rottweiler. Dit is die eerste keer in hierdie Paarl-eenheid se geskiedenis dat ses kandidate tegelyk op kursus gaan en dit ook slaag. Kandidate vir opleiding as polisiehond-hanteerders lę eers taai fiksheid- en psigometriese toetse af voordat hulle deur ’n keuringsproses gaan. Diegene wat aanvaar word, word vir vier maande na die honde-eenheid se hoofkantoor in Roodeplaat gestuur vir intensiewe opleiding. Die nuwelinge sal nou eers ervaring opbou by die Paarlse honde-eenheid voordat hulle binne die volgende jaar vir verdere kursusse (soos springstof-opleiding) gaan. “Van volgende jaar Mei gaan ons op gereedheidsbasis wees vir die Węreldbeker,” vertel die bevelvoerder, supt Jan Louw. “Daar sal van ons verwag word om te help met die beveiliging van onder andere stadions, oefenterreine en ook roetes wat gebruik sal word na die verskillende terreine. “Ons is gereed hiervoor, met hierdie nuwe manne- en hondekrag, en ons sien uit na die uitdagings wat voorlę.” * The Paarl dog unit is preparing for next year’s Soccer World Cup.
More
News
|