Begraafplaas in Wellington brei uit
2009-02-26
DIE uitbreiding van die Champagne-begraafplaas op Wellington is voltooi en die nuwe deel sal voortaan bekend staan as die Hillcrest begraafplaas. Dié begraafplaas sal gedeeltes insluit met monumentale grafstene asook ’n gedeelte waar net kopstene van ’n spesifieke grootte toegelaat sal word, omring deur gras. Dit sal die onderhoud van die gebied aansienlik vergemaklik ’n Derde gedeelte sal net grasperke hê, sonder stene, met merkers vir elke ry. Dit sal ’n mooier voorkoms verseker wat ook kostes sal bespaar. Die ou Hugenote begraafplaas word nou ook ingesluit om dit te bewaar. Van hierdie grafte dateer uit die 18de eeu. Die terrein sal die voorkoms van ’n park hê met groot grasperke en bome en sitbanke sal op strategiese plekke geplaas word. Volgens ’n munisipale woordvoerder sal mense nou ’n keuse hê waar hulle hul naasbestaande wil begrawe. Mense wat steeds monumentale grafte wil hê, sal meer betaal (R1452). ’n Graf in die kopsteen-gedeelte kos R1208,50 en ’n graf in die parkgebied kos R966,50.
More
News
|