Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hulp vir dwelmverslaafdes

Hulp vir dwelmverslaafdes
 
2009-02-26

Lise Beyers

DIE gemeenskap van Chicago in Paarl-Oos is die afgelope naweek toegespreek deur lede van die anti-dwelmorganisasie, Recovering Addicts Empowering Lives (RAEL).

Die Paarl-Oos polisie het RAEL genooi na Chicago, weens die toename in dwelmmisbruik in die omgewing. Hier word veral Tik daagliks deur die jeug gebruik.

RAEL, wat twee jaar gelede gestig is, is daarop toegespits om ondersteuning te bied aan dwelmverslaafdes, voormalige verslaafdes, asook hul geliefdes, bymekaar te bring en sodoende die stryd teen dwelms en verslawing te wen.

Die baasbrein agter RAEL, Anthony Hall, wat Saterdag as spreker opgetree het by die Chicago Besigheidsterrein, is self geen vreemdeling as dit kom by verslawing nie.

Dié oud-polisieman het hom weens sielkundige druk eers na drank gewend, en toe die drank nie meer sy behoeftes kon vervul nie, het hy gedink dat dwelms hierdie leemte sal vul. Gou was hy ’n volkome verslaafde.

“Dwelmmisbruik is ’n siekte wat baie mense tref en die gevolg hiervan is dat hulle deur hul families en gemeenskappe verwerp word, juis wanneer hulle ondersteuning die nodigste het.

“Ek is een van die gelukkiges wat na ’n lang, moeilike pad daarin geslaag het om myself van verslawing te bevry. Dit is nou my doel om ander hiermee te help.”

Weens Hall se persoonlike ervaring met dwelms, is dit moontlik vir hom om maklik te kommunikeer met verslaafdes en vir hulle te help met hul pad na genesing.

RAEL hou drieweekliks vergaderings in Kaapstad en sal binnekort ’n vierde een moet hou, so vinnig groei die belangstelling in die organisasie. By hierdie vergaderings deel verslaafdes en hulle familie en vriende hul persoonlike ondervindings met mekaar, en hierdeur word ’n boodskap van hoop oorgedra. Anthony kan gekontak word by 082-660-7747.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za