Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oud-Gimmie gegroet

Oud-Gimmie gegroet
 
2009-03-05

Engela Duvenage

HY was lief vir visvang, braai, rugby die Suid-Kaapse kusdorpie Puntjie, mense en tamatiesous.

Met hierdie herinneringe is daar met ’n glimlag, ’n fluit en heelwat trane afskeid geneem van ’n gewilde jong man van Wellington, Pieter-Nico Leipoldt (25), wat vroeg Woensdagoggend sy lewe by sy ouerhuis geneem het.

’n Lofprysingsdiens in ’n stampvol NG Kerk Wellington-Noord is Sondagoggend op ’n besonderse wyse deur ds Francois Human gelei.

Pieter-Nico, ook bekend as Pietie, was ’n gebore Bolander en oud-leerling van Laerskool Hugo Rust en Paarl Gimnasium.

Ná skool het hy Landboubestuur aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gaan studeer, en was hy onder meer in die plaaslike gasvryheids- en onthaalbedryf werksaam.

Die afgelope jaar was hy ’n landboutegnikus by Screeners in Wellington, waar hy ook sy liefde vir die natuur en die buitelug kon uitleef.

Hy laat sy ouers, Nico en Dalene Leipoldt, sy suster Cara, broer Christian en sy ouma Kate Beukes agter, asook sy vriendin Daniele de Venter.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za