Skenkings help spelers
2005-08-04
MUURBALONDERSTEUNERS word genooi om skenkings te maak aan die Piet Oelofse Junior Muurbaltrust wat verlede jaar geloods is om finansiële hulp te verskaf aan junior muurbalspelers van skoolgaande ouderdom.
Die trust is vernoem na Piet Oelofse wat onder andere agt keer die Paarl Muurbalkampioen was en verskeie kere sy provinsie by interprovinsiale toernooie verteenwoordig het.
Piet is ses jaar gelede gediagnoseer met Motorneuronsiekte (MND) en is tans in ‘n rolstoel.
‘n Verjaarsdagfunksie vir hom word Vrydag 12 Augustus by die Paarl muurbalklub gehou.
Skenkings kan gemaak word aan die Piet Oelofse Junior Squash Trust by Nedbank (takkode 147005). Die rekeningnommer is 1470117290.
Vir navrae, kontak Johan Rothmann by 084-580-4000 of skakel die klub by 872-6050.
More
News
|