Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kat het nege lewens

Kat het nege lewens
 
2009-03-05


’n KAT het beslis nege lewens.

Dit is verlede week bewys deur ’n jong kat, Dobby, van Pontacstraat in die Paarl, toe hy sy talente as boomklimmer misgis het, en in ’n baie hoë boom vasgesit het.

Dobby het waarskynlik verlede Maandagaand in die middernagtelik ure ’n bietjie gaan rondloop en te hoog in ’n buurman se boom beland.

Toe hy na moederaarde wou terugkeer, het sy moed hom begewe, veral omdat die buurman se honde met lekkende lippe onder die boom op hom gewag het.

So is Dobby vir die meeste van die nag gevange gehou en het uiteindelik sy eienaar, Chantelle Koen, in die vroeë oggendure gewek met sy noodkrete.

Koen is na buite waar sy vir Dobby doer bo in die boom gewaar het maar die blaffende honde het haar ontsenu. Sy wou nie die erf binnegaan nie, en die hulp van die polisie in in geroep.

Teen hierdie tyd het Dobby slegs aan ’n dun takkie sowat tien meter hoog in die boom geklou. Hy kon nie na ’n veiliger dikker tak vorder nie.

Almal het benoud geraak met die vooruitsig dat Dobby moontlik na sy dood kon val.

Konstabels Elton Robertson en Hazel Martin het egter koelkop gebly en gevra vir ’n kombers om as vangnet te gebruik.

Die net is onder die boom gespan, aan die anderkant van die heining vanaf die blaffende honde, en toe Dobby uiteindelik sy greep verloor, is hy veilig op die kombers gevang.

Die dankbare kat is toe herenig met Chantelle wat met trane in haar oë haar geliefde kat getroos het.

Maar nou sit Dobby met een minder lewe.

* A cat was rescued from a tree by police officers.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za