Skrootdiewe steel staal
2009-03-19
Lise Beyers
LEDE van Paarl polisie het onlangs beslag gelê op duisende rande se gesteelde vlekvrye staal wat onderweg was na ’n Kaapse skroothandelaar. Die staal is afkomstig vanaf Fabrinox wat voedselverwerkingsmasjinerie hiermee vervaardig in Dal Josafat. Die waarde hiervan is ongeveer R4 500, maar ’n woordvoerder van Fabrinox het gesê dat hulle die afgelope jaar reeds byna ’n halfmiljoen rand se skade gely het weens skrootdiefstal. Een persoon is in hegtenis geneem vir ondervraging, en die polisie ondersoek die moontlikheid van nog betrokkenes in hierdie diefstal. Hier is kapt Frederick Rossouw by die vlekvrye staalplate wat teruggekry is
More
News
|