Legende oorlede
2009-03-26
DIE legendariese WP en Springbokrugbyspeler, Ryk van Schoor (87), is Sondagaand oorlede nadat hy die afgelope twee weke baie siek was. Daar is die laaste ruk na hom omgesien in die Parow-Noord versorgingskliniek. Van Schoor het ook die laaste drie jaar daar gewoon. Van Schoor, wat beroemd was vir sy plettervatte vanuit die senter-posisie, het aan Hoër Jongenskool gematrikuleer en het tussen 1949 en 1953 twaalf keer uitgedraf vir die Springbok rugbyspan. Hy word oorleef deur drie kinders - Ryk (51) van Worcester, Theuns (49) van die Paarl (onderwyser by HJS), Wilna van Niekerk (46) van Aurora, asook sewe kleinkinders. ’n Gedenkdiens word môre-oggend om 11:00 gehou in die Welgemoed NG Kerk.
More
News
|