Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bok-afrigter val vas toe berg brand

Bok-afrigter val vas toe berg brand
 
2009-04-02

Lise Beyers

DIE Springbok-rugby-afrigter, Peter de Villiers, het verlede week in die middel van ’n herrie gestaan, toe ’n gedeelte van Dutoitskloof aan die brand geslaan het.

De Villiers, wat daarin glo dat hy net so fiks soos sy rugbyspelers moet wees, het Woensdagoggend teen die hange van Dutoitskloof-pas geoefen.

Met sy terugkeer na sy motor, was die gort behoorlik gaar, toe brandweerbeamptes op die berg toegesak het om ’n veldbrand te blus.

Die brand is wel vinnig geblus, en by nadere ondersoek is daar vasgestel dat die dit nie veroorsaak is deur die spoed waarmee De Villiers deur die fynbos gehardloop het nie, maar deur twee mans van Kuilsrivier.

Hulle het in die berg oornag en in die koelte van die vroeë oggendlug ’n vuurtjie brand gemaak.

Nadat De Villiers seker gemaak het dat alles tot bedaring gekom het, is hy die berg af, maar nie voordat verskeie brandweermanne die geleentheid gekry het om met hom blad te skud nie.

Deon Rossouw van Cape Nature was vinnig op die toneel en die twee mans wat verantwoordelik was vir die vuur, is beveel om hom te vergesel na die Paarl polisiestasie.

Hulle het verduidelik dat hulle lede is van die Sioniste Christelike Kerk, en deel van hul geloof skryf voor dat hulle in die natuur moet bid.

Die mans is gewaarsku dat hulle in die toekoms eers toestemming moet kry van Cape Nature om in die berg, wat ’n natuurreservaat is, te oornag.

Rossouw het gesê dat Cape Nature ’n verstandhouding met verskeie godsdienstige organisasies en tradisionele genesers het, wat volgens hul oortuigings tyd in die berg moet spandeer.

“Maar onder geen omstandighede mag ’n vuur híér gemaak word nie. Die verwoestende brande dwarsoor die Wes-Kaap was vanjaar ’n bewys hoe vinnig ’n vuur buite beheer kan raak.

“Hierdie twee lede van die Sioniste is met ’n waarskuwing vrygelaat, aangesien ons vir mense wil opvoed in bewaring.

“Maar ons sal nie weer hiervoor vergunning gee nie.”

* Peter de Villiers was in the centre of a storm last week, when two men started a fire on Du Toit’s Kloof.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za