Kunstenaarsouma sterf op 99 jaar
2005-08-11
‘n PAARLIET wat vanjaar haar 100ste verjaarsdag sou vier, is Saterdag oorlede.
Katy Fisher, ouma van Paarlse kunstenaar Selwyn Pekeur, het by haar dogter, Hester Pekeur van Francis Serverstraat 16 gewoon.
Sy was ‘n gebore Paarliet van die destyds bekende Laundrystraat en getroud met Awie Fisher, wat haar 50 jaar gelede ontval het.
Die begrafnis is Saterdag 11:00 by die huis en om 12:00 by die Zions VGK.
More
News
|