Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dominee se dood skok

Dominee se dood skok
 
2005-08-11


WELLINGTONNERS was verlede week verslae oor die dood van nog een van sy leiersfigure, ds Anné Verhoef (senior), hoof van ontwikkeling by Bybel-Media.

Dié familieman en natuurmens is laat Woensdagmiddag by sy huis in Uitsig gevind, waar hy aan ‘n skietwond beswyk het.

Sy dood volg enkele weke nà die afsterwe van die dinamiese prof Attie van Wijk, rektor van die Hugenote Kollege, wat beswyk het tydens ‘n muurbalwedstryd by die plaaslike bane. Hy was 57 jaar oud.

Die 63-jarige ds Verhoef sal onthou word as ‘n lojale gesinsman met ‘n liefde vir die natuur en buitelewe, wat as ywerige drawwer ‘n gereelde gesig was langs Wellington se strate.

Sy vrou was juis verlede week bekommerd dat hy iets oorgekom het op sy drafpad en het na hom gaan soek, voordat sy liggaam in die
tuin ontdek is.

Twee skote is uit die rewolwer wat by hom gevind is, afgevuur. In die huis het die kluis steeds oopgestaan, met die leë vuurwapen-houer daarin.

Ds Verhoef was ‘n hardwerkende lid van die Bybel-Media personeelkorps. Volgens kollegas was hy ‘n opregte mens wat met sy eerlikheid en eenvoud mense aangeraak het.

Hy was ‘n besonderse fondswerwer, wat ‘n staatmaker-rol gespeel het in die uitbouing van Bybelkor, MemaMedia, Goeie Nuus Media en die Nehemia-Bybelinstituut.

Voordat hy in 1983 in Pretoria by dié verspreider van Christelike lektuur aangesluit het, was ds Verhoef predikant by die NGKA gemeente Cala in die voormalige Transkei, asook die NG Gemeentes Noordeinde in Port Elizabeth en Kimberley-Vooruitsig.

Hy het tot die bediening toegetree in 1967 toe hy ‘n beroep na die Karoodorp Merweville aanvaar het.

Die Verhoefs het agttien jaar gelede hul intrek op Wellington geneem.

Ds Verhoef word oorleef deur sy vrou, Kobie, twee dogters, vier seuns en sewe kleinkinders. Sy begrafnis is Dinsdag vanuit die NG Moedergemeente Wellington gehou.

* A well-known Wellington minister has died in tragic circumstances.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za