Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Justin slaan liefdes-ses

Justin slaan liefdes-ses
 
2009-05-14

Lise Beyers

PLAASLIKE krieketheld, Justin Ontong, het verlede week ’n liefdes-ses geslaan, toe hy stilweg getroud is met sy jeugliefde, Lee-Anne Williams.

Justin en Lee-Anne is reeds vir agt jaar onafskeidbaar en het begin vas uitgaan toe sy maar ’n sestienjarige leerder aan Klein Nederburg Sekondêr was.

Die liefde het bly blom, al het Justin na Johannesburg verhuis om vir die Highveld Lions krieket te speel.

Daar het ’n langafstand-verhouding ontstaan, met talle vlugte tussen Kaapstad en Johannesburg, asook daaglikse telefoongesprekke.

Met Justin se terugkeer na Kaapstad, en die Cobras krieketspan, was die twee duifies onafskeidbaar.

Maar steeds, weens Justin se bedrywige krieketloopbaan, was daar net nooit tyd om die knoop deur te hak nie.

Familielede was dus verheug toe die troue vinnig aangekondig is.

Geklee in ’n netjies swart pak, en Lee-Anne in ’n sprokiesagtige wit rok, is die twee Vrydag uiteindelik verenig in die Anglikaanse Kerk in die Paarl.

Alhoewel die troue ’n intieme familie-geleentheid was, het spanmaats van die bruidegom, Justin Sondeki, Hennie Davids en Ryan Canning, die spogfunksie bygewoon.

Die onthaal is op ’n perfekte herfsmiddag gehou by Kronenburg Landgoed tussen die Paarl en Wellington.

Maandag het die tweetjies na Mauritius vertrek vir hul wittebrood.

Lee-Anne, die dogter van Derrick en Dorothy Williams, werk as voedseltegnoloog op Stellenbosch.

Die twee het reeds nes geskop by Boschenmeer in die Paarl.

Maar binnekort sal Lee-Anne ’n grasweduwee wees, wanneer Justin by die Proteas aansluit vir die Twintig-20 wêreldbekertoernooi in Engeland.

* Local cricket star, Justin Ontong, tied the knot with his longtime love, Lee-Anne Williams, on Friday.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za