Silwerkruin vier 40ste bestaansjaar
2009-05-21
DIE Silwerkruin tehuis vir bejaardes op Wellington vier vanjaar hul veertigste bestaansjaar, en om dit te vier vind die Silwerkruin Skitter-naweek plaas vanaf 5 tot 7 Junie. Vanmelewe se Stories word op Vrydag 5 Junie vertel, en kaartjies is R50 per persoon. Saterdag 6 Junie word ’n opedag vanaf 09:00 tot 12:00 gehou, met stalletjies en gratis tee of koffie en koek. Die hoogtepunt van die naweek is die Maskerbal by Provence, Saterdagaand 6 Junie (kaartjies is R200 per persoon en sluit in ’n driegangmaaltyd). Op Sondag 7 Junie woon die kinders saam met hul ouers ’n Silwerkruin-erediens by, gelei deur die gewilde ds Johan Portwig, met koorsang deur die Laerskool Hugo Rust. ’n Middagmaal teen R35 kan saam met inwoners hierna geniet word. Enige navrae kan gerig word aan Nella Brümmer by 021-864-2620 of 082-843-8516.
More
News
|