Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe pos

Nuwe pos
 
2009-05-28


NA ’n loopbaan van 27 jaar in die onderwys as taalonderwyser, departementshoof, adjunkhoof, skoolhoof en kringbestuurder, het dr Michael le Cordeur besluit om die professie vaarwel te roep toe hy ’n pos aan die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van Stellenbosch aanvaar het.

Dr Le Cordeur beskik oor ’n doktorsgraad in die opvoedkunde en ’n meestersgraad in kurrikulumstudie. In sy nuwe pos sal hy hom besig hou as lektor in die didaktiek van Afrikaans op nagraadse vlak, en navorsing doen oor die verbetering van leerders se leesvermoë.

Le Cordeur is voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkommissie,voorsitter van die Breytenbach-sentrum, raadslid van die Afrikaanse Taalmuseum, voorsitter van die Wellington Krisantevereniging en die skrywer van artikels en boeke.

Hy is in 2008 deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon met die Elisabeth Steijn-medalje vir sy bydrae tot onderwys.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za