Natuurkenner oorlede
2009-05-28
Theuns van Schalkwyk, vir 22 jaar ’n bekende gesig as die Paarl Munisipaliteit se natuurkenner en bergbewaarder op Paarlberg voordat hy in 2001 afgetree het, is oorlede. Van Schalkwyk het na Rustenburg verhuis om naby sy dogter, Annelize, te wees. Hy het Paasnaweek longontsteking opgedoen en nooit herstel nie, al het hy moedig geveg en vol grappies gebly tot sy sterfte 20 Mei. Hy word oorleef deur sy vrou, Elize, met wie hy byna 50 jaar getroud was, sy dogter Annelize en skoonseun Pieter en kleinkinders Jana en klein Pieter, asook sy twee broers Willie en Klaas.
More
News
|