Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onderwys kry nuwe aanslag

Onderwys kry nuwe aanslag
 
2009-05-28


ALLE opvoedkundige instellings in Paarl, met die uitsondering van Boland Kollege, word nou deur ’n enkele onderwysentiteit bedien.

Dit staan as Kring 2 van die Kaapse Wynland Onderwysdistrik bekend en is gebaseer by die Paarlstreek-onderwyssentrum in Hospitaalstraat.

Meer as 30 000 leerders van 64 opvoedkundige instellings in Paarl word deur die stap geraak met die klem gelê op waardetoevoeging in die onderwys, sê dr Jaap Heiberg, die hoofonderwyskundige van Kring 2.

“Daar is agt onderwysdistrikte wat volgens die grense van die distriksmunisipaliteite saamgestel is.

Die onderwysdistrikte is verdeel in kringe, wat uit ’n aantal skole bestaan. In elke Kring word ’n multi-dissiplinêre kringspan gevestig wat onder die beheer van ’n hoofonderwyskundige funksioneer.

“’n Jaar terug is alle oorhoofse verantwoordelike aanspreeklikheid vir onderwysdienslewering in die Paarl verplaas na die pos van die hoofonderwyskundige, waar dit vroeër ’n onderdeel van die werksaamhede van die komponentshoofde van die voormalige Weskus-Wynland Onderwysbestuur en Ontwikkelingsentrum (OBOS) was,” sê hy.

Die kringspan gaan hulle toespits op hoflikheid, respek, dienslewering aan die skole en breë gemeenskap, vestiging en uitbou van verhoudinge, waardetoevoeging en volhoubare professionele rakleeftye, sê dr Heiberg.

“Die doel van die komitee is om belangegroepe soos die plaaslike owerheid, staatsdepartemente, sakekamer, diensorganisasies, kerke, landbougemeenskap, skolebeheerliggaamforum en prinsipalevereniging te betrek om ’n gesamentlike visie vir die plaaslike onderwysbediening saam te stel.

“Die doel is ook om die onderlinge gees tussen die skoolhoofde van Paarl, wat vir dekades lank afsonderlik gefunksioneer het, te bevorder.

“Ondersteuning moet ook aan beheerliggame en skoolbestuurspanne verleen word om die heersende vakpakkette vir graad 12 te hersien.

“Ons wil ook kyk na die stigting van eenhede vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes by van die primêre skole en wil poog om die geletterdheid- en syferkundigheid by die plaaslike primêre skole daadwerklik te verbeter,” sê hy.

“Ons kyk ook daarna om ‘n Engelstalige skool vir graad 7 tot 9 in Paarl te vestig,” sê hy.

Lede van die Kringspan is beskikbaar om, op uitnodiging, gesprekgroepe te ontmoet om kwelvrae te beantwoord of om inligting oor te dra of selfs voorligting aangaande onderwysdienslewering in die Paarlvallei te bied.

“Spesifieke probleme by ’n besondere skool moet eerstens met die skoolhoof uitgeklaar word voordat ouers ons kontak,” sê hy.

......




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za