Bekende pastoor oorlede
2009-06-18
’n BEKENDE Paarlse oud-onderwyser, pastoor Samuel Morrie (78), is op 11 Junie oorlede ná ’n lang siekbed. Hy was die stigterslid van die Huguenot Assembly of God asook die bekende sanggroep, die Morrigans Gospel Band. Hy was in sy onderwysloopbaan verbonde aan Wesley Opleidingskollege in Soutrivier, Paulus Joubert Sekondêr en Ebenezer Primêr tot sy aftrede. Hy het vroeër jare saam met sy kinders talle gospel-toere deur Suid-Afrika en Namibië onderneem om jongmense te motiveer om hulle akademies te bekwaam. Die jeug het hom na aan die hart gelê en hy het talle jeugdiges moreel en finansieel bygestaan om verder te studeer. Daar is vanaand ’n gedenkdiens om 19:00 by “The Gathering Wholeness Centre” in Orleanslaan. Die begrafnisdiens vind Saterdag vanuit die huis te Joepatstraat 68 plaas om 09:00. Die diens is in die AGS Kerk in Beukesstraat om 10:00. Hy word oorleef deur sy tweede vrou, Anna, en verskeie kinders en stiefkinders.
More
News
|