Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Al hoe meer studeer

Al hoe meer studeer
 
2009-06-25

Johan Nel

BYKANS sewentig studente het verlede week, tydens die grootste diplomaplegtigheid in die geskiedenis van die Wamakersvallei-opleidingsentrum, hul diplomas op die sentrum se diplomaplegtigheid ontvang.

Volgens suster Iréne de Waal, hoof van die sentrum, het die sentrum sedert sy ontstaan tien jaar gelede studente in veral babasorg en tuisversorging opgelei.

Die meeste van hierdie studente was werkloos toe hulle met hul kursusse begin het, maar by voltooiing van hul kursusse kan meer as 80% in ’n vaste betrekking instap.

Die sentrum hoop om teen die einde van die jaar die totale aantal studente wat oor die afgelope tien jaar suksesvol kursusse voltooi het by die sentrum, tot bykans 4000 op te stoot. Feitlik al hierdie studente sal ook vaste betrekkings beklee.

Sy sê dat die sukses van die kursusse wat deur Wamakersvallei aangebied word, toegeskryf kan word aan die feit dat die studente gehelp word om te voldoen aan al die vereistes wat hul nuwe beroepe aan hulle gaan stel.

Elke student betaal ten volle vir hul kursusse en ook dit kweek nie alleen ’n gevoel van eiewaarde by studente nie, maar motiveer hulle ook om hard te studeer en om so goed moontlik te presteer.

Daarvan getuig die tientalle briewe wat die studente na afloop van elke kursus spontaan aan die bestuur van die sentrum stuur:

“Daar is nie genoeg regte woorde om vir julle dankie te sê vir hierdie wonderlike kursus nie.”

“Julle het my aangevuur tot my allerbeste. Ek wil nou uitgaan en my gemeenskap gaan dien volgens die ideale wat julle by my ingeskerp het.”

“Ek sien weer ’n toekoms vir myself en glo weer, soos toe ek ’n kind was, dat ek tot alles in staat is.”

Die volgende reeks kursusse in babasorg en tuisversorging begin op 20 Julie by die sentrum. Vir meer besonderhede, skakel 021-873-5942.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za