Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leonora ken van uithou!

Leonora ken van uithou!
 
2009-06-25


IN minder as ’n jaar het die uithourit-perdesport vir Leonora Pieters van Paarl so beetgepak dat sy sedert Januarie vanjaar ’n ruiter is waarmee daar rekening gehou moet word.

Sy het reeds twee ritte van 80 kilometer gewen en twee weke gelede was sy ook die wenner van ’n internasionale rit van 160 kilometer by Beaufort-Wes.

Dit was die eerste keer dat sy aan ’n 160 kilometer rit deelgeneem het, met Franse, Engelse, Namibiese en Suid-Afrikaanse spanne in aksie.

Sy was die eerste SA ruiter en tweede algeheel.

Hierdie prestasies het sy behaal met die negejarige Koringkloof Calypso, ’n Anglo-Arabiese perd wat deur Marius de Swardt afgerig word.

Wat merkwaardig van Pieters is, is die feit dat sy met beide 80 kilometer ritte die “Veearts-toekenning” gekry het vir ruiters wat hul perde so versigtig ry dat hulle nie oormoeg word nie.

“Baie keer draf jy langs jou perd om die polsslag onder beheer te kry en binne die voorgeskrewe perk te hou,” vertel Pieters wat gereeld met Koringkloof Calipso oefen.

“Die 160 kilometer rit bestaan uit ses bene wat verpligte veearts-stoppe insluit. Ons kry dan ook kans om so 40 tot 50 minute te rus.

By elke stop word die perd deur ’n span veeartse ondersoek wat dan bepaal of die perd met die rit kan voortgaan,” sê Leonora wat as kind baie aan perdeskoue deelgeneem het.

Sy is getroud met Chris Pieters, ’n sakeman van die Paarl, en het twee kinders.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za