Tydelike verligting
2009-07-09
VUURWAPENEIENAARS het verlede week ’n sug van verligting geslaak, ná die Hooggeregshof besluit om ’n tydelike interdik aan die SA Jagtersvereniging toe te staan. Kragtens hierdie interdik sal alle vuurwapenlisensies wat geldig was teen 30 Junie, voorlopig geldig bly. Voordat die Jagtersvereniging tussenbeide getree het, was honderde vuurwapeneienaars landwyd besig om hul vuurwapens vir vernietiging in te lewer, weens die nuwe vuurwapenwat. Volgens hierdie wet sou diegene wat nie heraansoek vir hul lisensies gedoen het nie, vanaf 1 Julie in besit gewees het van onwettige vuurwapens. Volgens ’n verklaring van die polisie respekteer hulle die gesag van die hof, en alle lisensies wat uitgereik is in terme van die vorige Vuurwapen Wet van 1969, sal wettiglik in besit van lede van die publiek mag bly tot verdere kennisgewing. Geen heraansoeke om hierdie lisensies word sedert 1 Julie aanvaar nie. * Firearm owners can sigh a temporary sigh of relief, after a Supreme Court interdict against the new Firearm Act.
More
News
|