VGK Wellington hou gesinsweek
2009-07-16
DIE VGK Wellington (dorp) hou vanaf 19 tot 26 Julie hul jaarlikse gesinsweek in die kerkgebou in Mellingstraat. Op Sondag 19 en 26 Julie sal die byeenkomste om 19:00 begin en gedurende die week sal dit om 19:30 begin. Voorsang en voorbidding begin reeds om 19:00. Onder die sprekers is ds Jurie van Rooyen van Toevlug-rehabilitasiesentrum (Sondag 19 Julie en Dinsdag 21 Julie), prokureur Clarence le Cordeur oor menseregte (Maandag 20 Julie), en Woensdag 22 Julie praat staatsaanklaer Moraje Naik oor molestering. Op Donderdag 23 Julie praat William Small oor opheffing van gerehabiliteerde kliënte, Vrydag 24 Julie is daar rollespel met die oog op die jeug met pastoor Eben Mouries en die Break Thru Gemeente se jeugbediening. Op Saterdag 25 Julie kan almal hul piekniekmandjies bring vir ’n lekker geselligheid en ds Philip Andrews sal op Sondag 26 Julie die week afsluit. Kontak Lea Adams by 082-959-1869 of 082-498-4130 vir navrae.
More
News
|