Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oud-Wellingtonner loer in

Oud-Wellingtonner loer in
 
2009-07-30


’n BEKENDE oud-Wellingtonner, dr Cudore Snell (tans dekaan van die School of Social Work aan die Howard Universiteit in Washington), was die afgelope week by twee spesiale geleenthede die eregas van die Hugenote Kollege op Wellington.

Hy was die genooide spreker by die eedafleggingsfunksie van die tweedejaarstudente in Maatskaplike Werk aan die kollege op Maandag 20 Julie. Die glansfunksie is in die CP van der Merwesaal gehou.

Dit word van studente vereis om die verklaring af te lê voordat hulle tydens praktiese opleiding met kliënte begin werk. Hy het vir elke student ’n kers aangesteek as simboliese teken van lig en ter herinnering van die verklaring wat hulle afgelê het.

Hy het ’n inspirerende rede gelewer waarin die noodsaak van maatskaplike werkers in die moderne samelewing duidelik na vore gebring is.

Die verwagtinge teen opsigte van professionele gedrag en die gedragskode van maatskaplike werkers is ook tydens hierdie geleentheid beklemtoon.

Dr Snell het ook Woensdag 22 Julie ’n spesiale lesing by die kollege gelewer oor die onderwerp “Motiverende Onderhoudvoering en Gemeenskapsversterkingintervensies”.

Hy word op sy besoek aan Wellington vergesel van meestergraadstudente van verskeie universiteite in die VSA.

Die doel van dr Snell se besoek aan die kollege is onder meer om ’n formele ooreenkoms van samewerking tussen die Howard Universiteit se Departement Maatskaplike Werk en die Hugenote Kollege tot stand te bring waarkragtens uitruilprogramme vir studente en dosente moontlik gemaak kan word, asook wedersydse navorsingsgeleenthede.

Dr Snell se vader was ’n onderwyser aan die Pauw Gedenkskool en sy moeder was ’n onderwyseres aan die Bisseux Gedenkskool in Bovlei.

Hy het sy skoolloopbaan by die Pauw Gedenkskool begin en ná matriek aan die Hoërskool Trafalgar verder studeer.

Dr Snell geniet wye erkenning vir sy navorsing oor onder andere straatkinders en Fetale Alkoholsindroom.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za