Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Herenig ná 43jaar

Herenig ná 43jaar
 
2009-07-30

Mariska Spoormaker

DAT ’n moderne internet-ding soos “Facebook” Koos Swart van Wellington na 43 jaar se gesoek na sy skool-boesemvriend, Petrus van der Merwe, toe die ding gedoen het.

Verlede week kon dié twee – albei so duskant 60 – skaars uitgepraat raak oor alles wat uitgepeul het toe hulle by Petrus se huis in die Baai hul lewenskaarte oopgegooi het.

Albei is met korterige vrouens getroud, albei ry ’n Corsa-bakkie met ’n kap op en voor dit het albei eers ’n drie-liter Ford gehad.

Dan is daar die “gesamentlike” mondfluitjie-spelery, die elektriese kitaar en die liefde vir boks – dít alles toe hulle nog “apart” van mekaar gelewe het.

Nou lag dié twee manne lekker: “Eintlik is ons maar tweelingbroers.”

Swart, wat op Wellington bly, vertel hul vriendskap het wortel geskiet in hul koshuisdae by die Grootfontein Hoërskool in Namibië

Daarna het die lewe altwee van hulle in ander landrigtings geneem. Dit was so 43 jaar terug.

En van daardie tyd het Swart vrugteloos vir Van der Merwe probeer opspoor.

Toe, twee weke terug, vertel ’n predikant hom hoe Facebook kan help om mense op te spoor. “Petrus van der Merwe” was die heel eerste naam wat Swart ingetik het “en wraggies, daar kom hy op!”

Hy het eers ’n briefie getik, gevra of hy dié Petrus is. “Dis die einste ek,” het vriend Petrus terug geantwoord. Verlede week het Swart en vroulief Mariana oorgery Port Elizabeth toe vir die groot kuier.

’n Bewoë Van der Merwe sê: “My gees het sommer weer opgetel, ek voel weer lus vir die lewe noudat ek weer ’n vriend het wat in dieselfde goed as ek belang stel en dieselfde goed as ek doen.”

Facebook is so ’n bietjie uit hul kraal uit. Dit sal maar beter wees om kontak met mekaar te hou met die spaar minute op hul selfoontyd.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za